Lattice Rose Info & Supply – Afrikaans

0
2165

Hello weereens my hekel familie! Welkom en baie drukkies en soene <3!

Nadat ek my Garden Party Jacket Crochet Along, (CAL verkorting!) voltooi het, het ek GEWEET ek wil nog een ontwerp. Dit was soveel pret om elkeen se werk te sien. Ek het dit geniet om elkeen se kleur keuses te sien, ek sou nooit aan almal kon dink nie, klein aanpassings en besonderhede wat elke persoon hul eie gemaak het! (VJI: jy kan die CAL vind deur die “Info & Supply Post” by hierdie skakel: https://crochetverse.com/615-2/

Deur die Genade van God en bietjie geluk , die oplyn van sterre/heelal, het die kaarte reg geval, en HIER IS ONS, terug met nog een! YIPPEEE!!!
Om op te som, ek is so SENUWEEAGTIG soos ‘n 4-jarige op Ou Kersaand om weer saam met jul almal te begin werk!
Maar voor ons by die pragtige fotos, die wol bestelling opgewondenheid die spin van die kreatiewe wiele in jou brein kom ……laat my toe om vir ‘n oomblik te stop. My mamma het my goeie maniere geleer en voordat ons by die partytjie begin, moet ek eers krediet gee waar dit meeste nodig is:
1. CAL Crochet A – Long groep op Facebook, volg die skakel: https://www.facebook.com/groups/668646249929007/ Hulle gaan weer so gaaf wees om ons CAL aan te bied, gaan loer gerus in druk op die “join” skakel , sodat jy niks mis nie!

2. Wolltraum Yarns. Deur hulle gawe ondersteuning, was ons in staat om hierdie projek vir jou te ontwerp en deeglik te toets. EK. KAN NIE. GENOEG. SÊ hoe baie ek van hierdie wol hou nie…. Ek sal later meer daaroor uitbrei en vertel waar en hoe om julle eie “cakes of yarn”te bestel!

3. Laurene, die groot brein agter hierdie CAL groep op FB saam met wie jy op hierdie groep gaan werk. Ek was so geseënd om haar te kon ontmoet op hierdie, WêRELD WYE WEB!

4. Massiel en die HELE span van *holy smokes* talentvolle vertalers. Ek is letterlik verstom as ek dink aan almal en die tyd wat hul spandeer het om hierdie projek vir julle te vertaal, sodat daar soveel meer wonderlike kunstenaars kan saamspan van regoor die WêRELD as moontlik!

5. Die wonderlike toets span wat onuitputtend gehekel het om seker te maak my mal idees kom duidelik en foutloos voor in die patroon! Naamlik: Massiel, Heather, Nichole, Gabri, Yael, Ulrika, Jolanda, & Sarit

6. Enige een wat ek vergeet soos ‘n totale skurk.
Neem jou sitplek in my vriende …. die opvoering gaan byna begin, gryp die springmielies of (ek neem beide, want ek is verslaaf aan beide) …en lees aan!
Hierdie veeldoelige kledingstuk is ‘n ware Ierse Hekelkuns stuk inspirasie, ‘n toonstuk van verskeie motiewe en tekstuur besonderhede. Ierse hekelkuns verskaf ons die geleentheid om ingewikkelde detail, en ons vaardighede ten toon te stel. Jy kan kies om so veel of so min as of selfs meer detail te werk soos wat ons aangaan!
Ek stel bekend die “LATTICE ROSE” meerdoelige Shawl

MAAR WAG…. DAAR IS MEER! Hierdie kledingstuk is NIE ‘n een truuk ponie nie… hierdie een het AL die truuks. Volg saam met my:

Untitled design (8)
Druk jou arms deur die arm openinge en …. BAM! Dit is ‘n boho waterval vest. Lank en drapperend aan die voorkant, perfek in lyn aan die agterkant om daardie pragtige Ierse Hekelwerk ten toon te stel:

Untitled design (10)

 

Draai hierdie luuksheid rondom jou lyf in ‘n kreatiewe wyse , ryg dit op en …HOU VAS JOU HOED…. Dit is ‘n A-simmetriese wrap.

Untitled design (11)

Nou, kyk na die foto. AL OPGEWONDE?! Ek hoop so 🙂 om op te som, Ek het gesit en gedraai en gespeel en geryg en ek het opgekom met soveel opsies as wat ek kon. Ek sien VERSKRIKLIK uit daarna om te sien wat elke kreatiewe siel mee voorendag kom! Wys asseblief soos julle dit optower!

Untitled design (9)

So hier is ons almal gereed, opgewonde in afwagting met hekelpen en wol in die hand om WEG TE SPRING van die begin punt, laat ons die besonderhede deur gaan, sodat jy weet waarvoor jy jouself inlaat !
Elke week, oor die “TBD” weke, sal die deel van die CAL wat gewerk moet word, op my webwerf gepubliseer word by https://crochetverse.com. Daar sal direkte skakels wees om seker te maak dat jy dit maklik sal vind. Binne elke week se publikasie sal daar ook skakels wees vir elke taal se onderskeie vertalings. Uiteindelik kan hierdie oorspronklike INLIGTING publikasie dien as jou “Inhoudsopgawe” van soorte. Elke week sal ek dan ‘n week se werk bysit by hierdie stuk. Op hierdie manier sal al die stukke saam as een maklike publikasie wees, so maak ‘n boekmerk van hierdie publikasie!
Laat ons so bietjie ’n “speed-dating” styl weergawe van “Ontmoet die Hekel Projek” doen:
Hier is die skedule opsomming (elke week sal die skakel na die patroon “lewendig en toeganklik” word, so maak seker jy merk die blad!
WEEK 1: Hoof Shawl – Begin
WEEK 2: Hoof Shawl – Middel
WEEK 3: Hoof Shawl – Einde
WEEK 4: Rand & Blok
WEEK 5: Ierse Hekelwerk motiewe – Deel 1
WEEK 6: Ierse Hekelwerk motiewe – Deel 2
WEEK 7: Addisionele Opsies, Afsluiting, & Blok
WATTER GROOTTE SAL DIT PAS?
Hierdie lieflike draperende asemrowende werk is ‘n EEN GROOTTE PAS ALMAL tot op 2XL. Die voltooide afmetings en wol vereistes is dieselfde vir AL die groottes. Daar is EEN plek om die grootte aan te pas tussen die armholtes, waar jy gaan moet besluit watter een van die groottes jy wil maak:
MISSES: XS- L -OF- PLUS: XL – 2X
Dis al wat jy hoef te kies! Vreeslik maklik, reg?
WAT GAAN EK NODIG Hê?
– ‘n Hekelpen: Ek gebruik ‘n G (4mm), maar SPANNING IS BAIE BELANGRIK, en ons gaan dit eers toets VOORDAT ONS BEGIN, sodat jy weet of jy jou hekelpen grootte moet aanpas van myne.

******Inligting oor Spanning toets is onder! DOEN DIT HIERDIE WEEK*******

– Garing: 1660 yards/treë FINGERING gare. Hierdie is ‘n kategorie 2 gewig gare.
Moet liefs nie die garing vir ander gewig garing verruil nie aangesien ander garing NIE DIESELFDE resulaat gaan lewer nie.

Die garing is WOLLTRAUM, en o genade dit is “stellar fiber”. 50% katoen / 50 % akriel, die perfekte mengsel van drapering en gewig, gemeng met duursaamheid so al jou harde werk gaan hou en hou en hou.

USA: http://www.wolltraumusa.com/
Heather Mellon

Europe: www.wolltraum.eu
Katja Spooner

Canada: www.wolltraum.ca
Angela Dianne

Australia: www.blayneysewnmoreau.com
Tammy Lyne

Wolltraum worldwide: www.wolltraum.com

Swiss: www.wolltraum.ch

ONGEAG VAN DIE Misses of Plus armholte plasing , gaan jy benodig:

– (2) 200g/7oz balle 4 draad (dit is fingering gare gewig) in DIESELFDE kleurskakering
Jy kan dan kies watter binne DIESELFDE bal gaan op die buite en binnekante opeindig. Die garing in die koek is DIESELFDE, die enigste verskil is die opdraai rigting. Ek het gekies om elke wol koek in die teenoorgestelde rigtings op te draai. Die kleur wat jy in my voorbeeld sien word “ICE CREAM” genoem en is ‘n asremrowende mengsel van wit, vanilla, arbeie en staal grys. Dit is so mooi ek kan nie ophou voel/ruik/fotos neem/langs dit slaap nie …lol

KYK, HOE KAN JY NIE?!

2016-07-14-11-36-41
– Verskeie diverse: As gevolg van die natuur van die garing en die steke gaan ons WIL blok, nie AS nie, dis ‘n MOET. Vir dit gaan jy nie-roes kopspelde en ‘n oppervlak waar op jy die shawl kan vassteek. Ek gebruik pasbare skuim legkaart matte wat eintlik in kinderspeelkamers gebruik word. Jy kan hul opbreek en enige plek bêre maar dit gee jou ook ‘n groot oppervlak wanneer jy dit nodig het! Jy gaan ook die gewone dinge soos ‘n maatband, skêr, en naald benodig om wol ente mee weg te werk.
Dit is al wat jy nodig het, dis nou behalwe jou ongelooflike hekel talent!

****UITDAGING TYD!****: Gaan oor na die Crochetverse en CAL Crochet A Long Facebook blaaie en pos die gare/wol wat jy gekies het en die charms wat jy ontvang het!! Ek is mal daaroor om al die wol en charms te sien!
NOU LAAT ONS DIE SPANNING TOETS: (GEEN lang gesigte nie! LOL)
Hier is die ding met die spanning toets. Ek verstaan dit HEEL TE MAL dat niemand daarvan hou om dit te doen nie. MAAR vertrou my, selfs in my toets groep het ons gewoonlik ‘n verskil van 2-3 hekelpen groottes. Ons is almal verskillend en dis wonderlik, maar as jy nie die aanpassing maak om my spanning te ewenaar nie, GAAN jy uit garing/wol uit hardloop, en jou kleurveranderings gaan nie dieselfde wees as myne nie. Hierdie is ‘n pragtige luukse gare/wol, as jy dit gaan koop en kosbare tyd gaan spandeer met my (DANKIE DAT JY DIT GAAN DOEN!) maak asseblief seker dat jou spanning dieselfde as myne is sodat jou ongelooflike handwerk presies is soos jy hoop dit gaan wees <3 
Hier is hoeveel gare/wol jy gaan oorhê van die hoof shawl deel, so as jou spanning af is gaan jy uit garing uit hardloop en gaan jy hartseer wees!

ball

Toets Patroon vir Spanning Toets: (Doelwit is: 2.5” lank x 3.75” wyd)
Hierdie is slegs vir ‘n toets. Sodra jy die regte hekelpen grootte vasgestel het om my spanning te ewenaar, gaan jy die toetslappie moet lostrek en jou projek begin met die garing/wol.
Met die G (4mm) hekelpen en die garing/wol wat jy beplan om te gebruik vir die projek, maak 20 ks:
Ry 1: lb in die 3de ks van die hekelpen (oorgeslaande kettingsteke tel as ‘n lb) en elke oorblywende kettingsteek tot aan die einde. (19)
Ry 2-6: ks 2 (tel as die 1ste lb), draai, lb in elke oorblywende lb tot aan einde. (19)

19-sts-x-6-rows

AS JY MINDER STEKE in die afmeting het: Jou spanning is LOSSER as myne, kies die volgende KLEINER hekelpen grootte en probeer weer.
AS JY MEER STEKE in die afmeting het: Jou spanning is STYWER as myne, kies dan die volgende GROTER hekelpen as myne en probeer weer.
Sodra jy die korrekte hekelpen grootte vasgestel het en ons spanning is dieselfde: trek die toetslappie los, klop jouself op die rug, en begin die shawl!
So dit is die inligting vir die “Inligting/Benodigdhede/Spanning” stuk. Maak seker dat jy dat jy weer inloer op ENTER DATE HERE, wanneer Deel 1 gepubliseer word!
Baie Liefde & Garing/wol,
Stephanie

Follow on Facebook Here!

Follow on Instagram Here!

Follow on Ravelry Here!

Follow on Pinterest Here!

Follow on YouTube Here!

Follow on Twitter Here!

Follow on Etsy Here!

Die inligting en fotos in hierdie publikasie is die uitsluitlike kopiereg eiendom van Crochetverse©2016. Moet asseblief nie enige inligting hierin kopieër en versprei op enige manier elektronies, verbaal, of geskrewe in dele of in in geheel nie. Deel eerder slegs die DIREKTE SKAKEL na hierdie publikasie, en as jy dit deel, sê ek dankie dat jy dit deel. Jy mag natuurlik enige iets wat jy van die patroon af met jou eie twee hande gemaak het verkoop, geen kontrak arbeid of massa produksie word toegelaat nie. As jy erkening gee aan Crochetverse as die ontwerper word dit hoog op prys gestel!